Samuel Alito

Samuel Alito
Samuel Alito

Assosiaat-regter van die Federale Hooggeregshof van die Verenigde State van Amerika
Ampsbekleër
Termynaanvang
31 Januarie 2006
Voorafgegaan deur Sandra Day O'Connor

Mede-regter van die 3de afdeling van die federale appèlhof
Voorafgegaan deur John Joseph Gibbons
Opgevolg deur Joseph Greenaway

Prokureur-generaal van New Jersey
Voorafgegaan deur Thomas Grenlish
Opgevolg deur Michael Chertoff

Persoonlike besonderhede
Gebore 1 April 1950
Trenton, New Jersey
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State

Samuel Anthony Alito Jr. (1 April 1950, Trenton) is 'n Amerikaanse regsgeleerde van Italiaanse afkoms wat tans as mede-regter van die Federale Hooggeregshof van die Verenigde State dien.

Hy studeer aanvanklik aan Princeton-universiteit, en later vanaf 1972 tot 1976 aan Yale-universiteit in Connecticut. Daarna dien hy as regsadviseur vir 'n aantal regters en aanklaers in New Jersey en Pennsilvanië.

Alito is 'n praktiserende Katoliek. Hy en sy vrou Martha woon in West Caldwell, New Jersey. Hulle het twee kinders.

Tydens 2020 se bestrede presidensiële verkiesing het Regter Alito gelas dat stembriewe in Pennsilvanië wat na 3 November 2020 (stemdag) ontvang is apart gehou moet word van die stembriewe wat voor dié datum ontvang is. [1].

  1. http://praag.co.za/?p=47685 Geargiveer 13 November 2020 op Wayback Machine Opgespoor en besoek op 11 November 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search